
Ek kyk vanoggend opnuut na jou
met soveel vreugde wat ek sal onthou,
Blommend soos rankers teen ‘n opklimmuur
takke wat soos arms uitgestrek, soekend na liefde
vatplek soek in ‘n mens se hart.
Soms in die hardheid van liefde, wit verdroog
in die mens se hart, emosievol, soekend na liefde en aanvaarding.
Dan eensklaps kom die liefde soos lentereën
bars die hart oop en bloeisels
met die mooiste – kleur en geur – verskyn.
Tussen die toegevoude blare van die hart
die son die skyn.
Op die wieke van die wind
vind ons genesing van die hart.
Smelt emosies en bekende liggaamsreuke saam
raak ons weg in die liefde
na ons eie plek van seën.
(12/08/2019 – 11:30)