Ou druiwestomp

gebars, gekneus,

met stukkende bas om jou gevou.

Beskermd teen wind en weer:

sy wortels wat jou regop

en aan die lewe hou,

steek soos ou tone diep in die grond.

Jou stam verweer deur son en weer

in twee geskeur, verdeel, wat nog die vrugte

van die lewe deel.

Het ek jou nie self geplant, getroetel

tot hierdie plant.

Jou lote het ek self gevou om drade om jou regop te hou

gesnoei en soms kort geknip – kan jy onthou?

Ook lote van jou oorgeënt om so ‘n nageslag aan God te skenk.

Ek kyk nog elke dag na jou

sien ons lewens inmekaar gevleg

Hoe lank gaan ons ou wortels dit nog hou?

Ons vrugte sal dit voortbestaan?

Of met ons laaste asem ook vergaan.