
Die bo-mik van die stomp wat gluur
verswelg word deur die vlamme vuur
in ons natuur.
Wat sien jy in die vlam wat spring?
Die einde of ‘n nuwe begin?
Verkyk jou in die tonge rooi
wat oorspring in ‘n kole kooi.
Is dit die dood of dalk die nuwe begin
verbeelding, terugblik of nuwe gees.
Gedrapeer in rooi van vlamme kleur
onwetend word ek meegesleur
na vlamme rooi en kersiekleur.
Ek kyk van vooraf na die vlam wat spring van wit na rooi
verdonker tot skarlakenrooi
en kry die geur van hout wat treur die hele nag deur.
So raak ek in bewondering stil en wag
want more is ‘n nuwe dag.