Die wegholbrand van Umbabat

deur kieriehout en kremetart

Die vlam wat in die takke lek

weghol tot by die bok se plek.

Die slang wat seil om weg te kom

‘n Haas hardloop verkeerdkant om.

Die gras die brand en blare skroei

daar eenkant staan ‘n verwese koei.

Haar kalf reeds halfpad dood gebrand

haar pote seer en stomp gestamp

Daar is geen verband tussen dier en vuur

slegs ‘n eensame dier wat staan en tuur.