En op die aarde ‘n moeë sug
die laaste reis het aangebreek
waarheen, waarheen…?
Oplaas op pad.
Verlaat my gees my liggaam sag
beweeg ek deur ‘n swaeltjie-nes,
die opening die ewige weg
My gees wat val en val en sweef deur
skoon blou helder lig
Daar is niks te sien en niks om aan te vat
die ewigheid, die ewigheid
meteens daaronder,diep
verlore siele wat smeek en roep
hul hande uitgestrek na my
Die Satan wat lag: “Kom bly by my?”
Dan sien ek voor die doringtroon
groot, groot, met takke van ‘n doringboom
en in die opening van die kroon
die Engele wat sing en lag
en Jesus op sy knieë op die gras
Pluk die blom: “Ek het lank gewag!”
