
‘n Golf wat my net rol en rol
die moegheid binne my
ek het klaar gehol.
Die denke, bewegings en verstand
en bloedsomloop het reeds gestol
Die lewensgolwe wat om my spoel
dan bo, dan onder in die gewoel.
Hier teen ‘n klip,
daar teen die sand.
Die mens wat roep:
“God vat my hand”.
Skielik het die skuimende golf
verander in lewensflessies
wat om genade smeek.
Meteens kon ek weer deur
die branders breek
en op die golf
‘n nuwe toekoms sien.
(14/08/2001)