‘n Golf wat my net rol en rol

die moegheid binne my

ek het klaar gehol.

Die denke, bewegings en verstand

en bloedsomloop het reeds gestol

Die lewensgolwe wat om my spoel

dan bo, dan onder in die gewoel.

Hier teen ‘n klip,

daar teen die sand.

Die mens wat roep:

“God vat my hand”.

Skielik het die skuimende golf

verander in lewensflessies

wat om genade smeek.

Meteens kon ek weer deur

die branders breek

en op die golf

‘n nuwe toekoms sien.

(14/08/2001)