Hier waar ek sit in wind en weer
en ouderdom wat nie ommekeer
dan hoor ek nog die skaterlag
my kinders wat vir alles lag.
Die jeug wat glad nie meer wil leer
ook niks meer moed, om self te probeer.
Dan bring dit soms die groot hartseer
het ek as ouer fouteer.