Ja Here, terwyl ek vir die wekker kyk
gedagtes wat deur die sleutelgat ontsnap
om dan te toer deur onbekende plekke
wat dalk nie eers bestaan
En dan meteens weer terug te keer van daar:
Terwyl die wekkerwysers nog steeds maar loer
dan vra ek: “Heer, hou my tog vas, verlig die las”
Saggies het ek weggeraak
want Jesus het my aangeraak.
