
Hoor jy die windpomp roep?
Dit kreun en steun
van op en af
die stert wat rigting gee
die tortelduif wat koer en loer
van water in die dam.
Die wind die baas
die windpomp klaas
wat pomp en raas en blaas
En wies nou baas op hierdie plaas
dis tog die dier se plaas