Pottebakker Se Klei

my God my Pottebakker – uit die dood verrrys

het by my geboorte U liefde gewys

die stukkie klei

toe reeds bestem om eendag ook vir U te ken.

U het my oor en oor gebrei

gevorm soos U my wou kry

die skurwe klippies weggewerk

soms by die huis, soms by die kerk

onthou U toe ek as kind onseker was,

U die klei gebrei het, nommerpas?

Daar was ook tye toe ek van U vergeet,

toe ek van alles beter geweet

toe U my toegelaat het om self te brei,

so kon U my weer op my kniee kry

want in my grootheid voor my val

het ek nie geweet dis net God wat tel

U het die klei weer oor gebrei

en ek as mens het seergekry

U vingers het die werk gedoen

my weer met my God versoen

so het U my weer van my sonde skoon gewas

dat ek in die muur van U ewigheid kan pas

(15/09/1998)