Sing van die aandwind se geroep
van lank gelede se liefde op die stoep.
Die gloei van vlamme in my gemoed
en die geur van jou liggaam nog so soet.
Sien jy hoe die vlamtonge lek,
na ons geheime plekkie by die hek.
Die aanraak van my hande aan jou lyf
en hoe jy saggies oor my hare vryf.
Maar die liefde het verflou
al was ek steeds aan jou getrou.
Luister na die wind se geroep tot dagbreek
wanneer die haan die oggend groet.
