
Luister hoe die wind
om die huis se hoeke huil
Die koue soos ou sink
deur jou vel tot teen
die beenmurg sny.
Die as van die stofie
soos ‘n wit kombers
teen jou hart kom lepellê.
Was jy maar hier
sou ek dit alles net vir jou wou sê.
In my gedagtes hou ek jou styf vas
en fluister soos die keteltuit
liefdeswoordjies van binne uit.
Ek maak my oë toe
en in die dans van die vlamme glans
ervaar ek jou reuk en drink dit uit
Ek strek my arms uit om jou stywer
teen my vas te trek.
Besef meteens
dis net ek in die vertrek.