Luister hoe die wind

om die huis se hoeke huil

Die koue soos ou sink

deur jou vel tot teen

die beenmurg sny.

Die as van die stofie

soos ‘n wit kombers

teen jou hart kom lepellê.

Was jy maar hier

sou ek dit alles net vir jou wou sê.

In my gedagtes hou ek jou styf vas

en fluister soos die keteltuit

liefdeswoordjies van binne uit.

Ek maak my oë toe

en in die dans van die vlamme glans

ervaar ek jou reuk en drink dit uit

Ek strek my arms uit om jou stywer

teen my vas te trek.

Besef meteens

dis net ek in die vertrek.