
Waar musiek sny met viool
en ek alleen sit in hierdie hool
Tel die viool my denke op en vou dit
tot ‘n passiespele in my kop.
‘n Hartseer pas deur my gemoed
ek soek U Heer in elke noot
om U liefde aan my vas te knoop.
Ek smag na U, U my Heer en God
nie uit woorde of uit verse van Job
maar uit my eie opgekrop
Want ek wil wegbreek
uit hierdie hool van angs en stress
Die viool se klanke tel my denke op
en raak al sagter totdat dit stop
en so ook ek van opgekrop.