TERUGBLIK
Hier waar ek sit, die wind die waai
deur rype koringare, en ruk en pluk deur gryse lewensjare.
Die wind wat soos wolke tol en rol en jeug wat voluit vooruit hol.
Die wilde wind wat soos die jeug nie
rusplek vind en deurnag waai tot môreoggend saam met die hanekraai wat dan vir ‘n wyle lê en rus.

Ek voel die aandbries teen my wang
wat my met hartseer laat verlang na jongmanjare ver terug soos

gister toe ek agtien was.