
Waar is die dae
nie baie lank terug
toe ons saam
langs die vuur
die vlamfigure kon geniet.
Die hardehout se kool
ons in ‘n fantasiewêreld
in kon dryf, waar ons,
ons eie verhale
kon opdis en aan mekaar kon vertel.
Die liefde tussen ons wat warmer
as die hardehout se kole kon brand,
en gevoed word met die vlamme glans
wat nooit geblus kon word.
Ek sit vanaand alleen hier
voor die hardekool se vlam,
EENSAAM
verlang ek na jou.
Die vlam is daar,
maar met die vlam kom as,
dit lê nog daar maar liefdeloos
reeds uitgebrand,
ek wou dit bymekaar maak
om steeds te droom,
maar met die aanraak
het dit in die niet verdwyn.
(16/07/2008)