Ek wil graag vir jou 'n nuwe gediggie skryf
van liefde in die blom
'n Sonneblom uit Bethlehem wat goudgeel
knipoog in die son
Groen blaartjies wat geheimsinnig deur die blare loer en liefde in jou ore koer
as ek jou nadertrek en styf hier teen my hou
kom daar uit jou liefdesgeur wat ek vir altyd sal onthou
In my hart wil ek dit vir ewig hou
Jy is vir my soos die môredou wat waterpêrels in sy water hou
en wanneer die son saggies die druppel streel
en reënboogkleure daaruit haal
dan ry ons saam op die reënboogmaan
Ons lag en jil en liefkoos saam
Ons fluister mooi woordjies oor en weer
en bevestig ons liefde keer op keer
Ek wil net sê my Sonneblom, my Reënboog vrou
my liefde vir jou sal vir ewig hou.
(9/02/2015)
Opgedra aan my vrou Martie.